- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Hechos 13:31|
									En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Hechos 13:32|
									En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Hechos 13:33|
									soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Hechos 13:34|
									En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Hechos 13:35|
									Daarom sê Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Hechos 13:36|
									Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Hechos 13:37|
									maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Hechos 13:38|
									Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Hechos 13:39|
									en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Hechos 13:40|
									Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15