- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Hechos 2:1|
									En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Hechos 2:2|
									En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Hechos 2:3|
									Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Hechos 2:4|
									En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Hechos 2:5|
									En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Hechos 2:6|
									En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Hechos 2:7|
									en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Hechos 2:8|
									En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Hechos 2:9|
									Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Hechos 2:10|
									Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15