-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Hechos 19:11|
En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
-
12
|Hechos 19:12|
sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
-
13
|Hechos 19:13|
En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
-
14
|Hechos 19:14|
Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
-
15
|Hechos 19:15|
Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
-
16
|Hechos 19:16|
Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
-
17
|Hechos 19:17|
En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
-
18
|Hechos 19:18|
En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;
-
19
|Hechos 19:19|
en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.
-
20
|Hechos 19:20|
So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7