- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Hechos 4:11|
									Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Hechos 4:12|
									En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Hechos 4:13|
									En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Hechos 4:14|
									En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Hechos 4:15|
									Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Hechos 4:16|
									en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Hechos 4:17|
									Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Hechos 4:18|
									En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Hechos 4:19|
									Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Hechos 4:20|
									want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15