- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Hechos 7:21|
									en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Hechos 7:22|
									En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Hechos 7:23|
									En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek;									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Hechos 7:24|
									en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Hechos 7:25|
									En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Hechos 7:26|
									En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Hechos 7:27|
									Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons aangestel?									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Hechos 7:28|
									Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Hechos 7:29|
									En Moses het op hierdie woord gevlug en 'n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Hechos 7:30|
									En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15