- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Hechos 8:11|
									En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Hechos 8:12|
									Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Hechos 8:13|
									En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Hechos 8:14|
									En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Hechos 8:15|
									Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Hechos 8:16|
									want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Hechos 8:17|
									Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Hechos 8:18|
									En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Hechos 8:19|
									en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Hechos 8:20|
									Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18