-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
58
|Hechos 7:58|
En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.
-
59
|Hechos 7:59|
En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
-
60
|Hechos 7:60|
En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
-
1
|Hechos 8:1|
En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
-
2
|Hechos 8:2|
En godvresende manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.
-
3
|Hechos 8:3|
Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
-
4
|Hechos 8:4|
En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
-
5
|Hechos 8:5|
En Filippus het afgekom in 'n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
-
6
|Hechos 8:6|
En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
-
7
|Hechos 8:7|
Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 8-10