-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
28
|Hechos 9:28|
En hy het saam met hulle in-- en uitgegaan in Jerusalem
-
29
|Hechos 9:29|
en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.
-
30
|Hechos 9:30|
En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.
-
31
|Hechos 9:31|
En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
-
32
|Hechos 9:32|
En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
-
33
|Hechos 9:33|
en hy het daar 'n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.
-
34
|Hechos 9:34|
En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.
-
35
|Hechos 9:35|
En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
-
36
|Hechos 9:36|
En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
-
37
|Hechos 9:37|
En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 8-10