- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Éxodo 26:21|
									met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Éxodo 26:22|
									En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Éxodo 26:23|
									Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Éxodo 26:24|
									En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Éxodo 26:25|
									So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Éxodo 26:26|
									Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Éxodo 26:27|
									en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Éxodo 26:28|
									En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Éxodo 26:29|
									En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Éxodo 26:30|
									So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18