- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Éxodo 7:1|
									En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Éxodo 7:2|
									Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Éxodo 7:3|
									En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Éxodo 7:4|
									Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Éxodo 7:5|
									Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Éxodo 7:6|
									Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Éxodo 7:7|
									En Moses was tagtig jaar en Aäron drie en tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Éxodo 7:8|
									En die HERE het Moses en Aäron aangespreek met die woorde:									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Éxodo 7:9|
									As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself--dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Éxodo 7:10|
									Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15