- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Éxodo 5:1|
									En daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Éxodo 5:2|
									Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Éxodo 5:3|
									Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Éxodo 5:4|
									Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Éxodo 5:5|
									Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Éxodo 5:6|
									Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Éxodo 5:7|
									Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Éxodo 5:8|
									Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Éxodo 5:9|
									Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Éxodo 5:10|
									Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15