- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Éxodo 29:31|
									En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Éxodo 29:32|
									Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Éxodo 29:33|
									En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Éxodo 29:34|
									En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Éxodo 29:35|
									So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Éxodo 29:36|
									Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Éxodo 29:37|
									Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Éxodo 29:38|
									En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Éxodo 29:39|
									Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Éxodo 29:40|
									met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15