- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Éxodo 30:31|
									En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My 'n heilige salfolie wees in julle geslagte.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Éxodo 30:32|
									Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Éxodo 30:33|
									Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan 'n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Éxodo 30:34|
									Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en g lbanum -- speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Éxodo 30:35|
									en maak daar reukwerk van, 'n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Éxodo 30:36|
									En vrywe 'n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit 'n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Éxodo 30:37|
									En die reukwerk wat jy moet maak -- na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Éxodo 30:38|
									Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15