- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Éxodo 33:11|
									Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Éxodo 33:12|
									Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Éxodo 33:13|
									As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Éxodo 33:14|
									En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Éxodo 33:15|
									Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Éxodo 33:16|
									Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Éxodo 33:17|
									Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Éxodo 33:18|
									Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Éxodo 33:19|
									Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Éxodo 33:20|
									Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15