- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Éxodo 8:1|
									Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Éxodo 8:2|
									En as jy weier om hulle te laat trek, Kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister,									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Éxodo 8:3|
									sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Éxodo 8:4|
									En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Éxodo 8:5|
									Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Éxodo 8:6|
									En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Éxodo 8:7|
									Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Éxodo 8:8|
									Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Éxodo 8:9|
									Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Éxodo 8:10|
									En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15