- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Gálatas 3:1|
									o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Gálatas 3:2|
									Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Gálatas 3:3|
									Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Gálatas 3:4|
									Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Gálatas 3:5|
									Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Gálatas 3:6|
									Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Gálatas 3:7|
									Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Gálatas 3:8|
									En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Gálatas 3:9|
									Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Gálatas 3:10|
									Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15