- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Gálatas 5:1|
									Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Gálatas 5:2|
									Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Gálatas 5:3|
									En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Gálatas 5:4|
									Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Gálatas 5:5|
									Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Gálatas 5:6|
									Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Gálatas 5:7|
									Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Gálatas 5:8|
									Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Gálatas 5:9|
									'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Gálatas 5:10|
									Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15