- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Gálatas 1:11|
									Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Gálatas 1:12|
									Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Gálatas 1:13|
									Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Gálatas 1:14|
									en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Gálatas 1:15|
									Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Gálatas 1:16|
									om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Gálatas 1:17|
									en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Gálatas 1:18|
									Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Gálatas 1:19|
									en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Gálatas 1:20|
									En wat ek julle skryf--voor die aangesig van God, ek lieg nie!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15