- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 3:21|
									Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 3:22|
									Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 3:23|
									En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 3:24|
									Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 3:25|
									Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 3:26|
									En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 3:27|
									Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 3:28|
									Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 3:29|
									Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 3:30|
									Hy moet meer word, maar ek minder.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18