- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 3:31|
									Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 3:32|
									En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 3:33|
									Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 3:34|
									Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 3:35|
									Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 3:36|
									Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18