- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Juan 6:11|
									En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Juan 6:12|
									En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Juan 6:13|
									Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Juan 6:14|
									Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Juan 6:15|
									En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Juan 6:16|
									En toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Juan 6:17|
									En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Juan 6:18|
									En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Juan 6:19|
									En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Juan 6:20|
									Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15