- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Juan 6:41|
									Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Juan 6:42|
									En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Juan 6:43|
									En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Juan 6:44|
									Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Juan 6:45|
									Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Juan 6:46|
									Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Juan 6:47|
									Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Juan 6:48|
									Ek is die brood van die lewe.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Juan 6:49|
									Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Juan 6:50|
									Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15