- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 8:21|
									En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 8:22|
									Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 8:23|
									En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 8:24|
									Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 8:25|
									Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 8:26|
									Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 8:27|
									Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 8:28|
									En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 8:29|
									En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 8:30|
									Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18