- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									51
									 
									 
									|Juan 8:51|
									Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.									
									    
								 
- 
									
									52
									 
									 
									|Juan 8:52|
									Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.									
									    
								 
- 
									
									53
									 
									 
									|Juan 8:53|
									Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?									
									    
								 
- 
									
									54
									 
									 
									|Juan 8:54|
									Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.									
									    
								 
- 
									
									55
									 
									 
									|Juan 8:55|
									En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.									
									    
								 
- 
									
									56
									 
									 
									|Juan 8:56|
									Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.									
									    
								 
- 
									
									57
									 
									 
									|Juan 8:57|
									Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?									
									    
								 
- 
									
									58
									 
									 
									|Juan 8:58|
									Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.									
									    
								 
- 
									
									59
									 
									 
									|Juan 8:59|
									Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18