- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Juan 9:11|
									Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Juan 9:12|
									En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Juan 9:13|
									Hulle bring hom na die Fariseërs--die man wat vroeër blind was.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Juan 9:14|
									En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Juan 9:15|
									Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Juan 9:16|
									En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Juan 9:17|
									Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Juan 9:18|
									En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Juan 9:19|
									En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Juan 9:20|
									Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15