- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 9:31|
									En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 9:32|
									Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 9:33|
									As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 9:34|
									Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 9:35|
									Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 9:36|
									Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Juan 9:37|
									En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Juan 9:38|
									Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Juan 9:39|
									En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Juan 9:40|
									En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15