-
-
Afrikaans (1953)
-
-
3
|Juan 8:3|
En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
-
4
|Juan 8:4|
En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap;
-
5
|Juan 8:5|
en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
-
6
|Juan 8:6|
En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
-
7
|Juan 8:7|
Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.
-
8
|Juan 8:8|
En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
-
9
|Juan 8:9|
En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
-
10
|Juan 8:10|
En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
-
11
|Juan 8:11|
En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
-
12
|Juan 8:12|
En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 8-10