- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Juan 1:11|
									Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Juan 1:12|
									Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Juan 1:13|
									wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Juan 1:14|
									En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Juan 1:15|
									Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Juan 1:16|
									En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Juan 1:17|
									Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Juan 1:18|
									Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Juan 1:19|
									En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Juan 1:20|
									En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15