- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 1:31|
									En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 1:32|
									En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 1:33|
									En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 1:34|
									En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 1:35|
									Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 1:36|
									en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Juan 1:37|
									En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Juan 1:38|
									En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: 									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Juan 1:39|
									Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi--dit wil sê, as dit vertaal word, Meester--waar is U tuis?									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Juan 1:40|
									 Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15