- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Juan 1:41|
									 Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Juan 1:42|
									 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind--dit is, as dit vertaal word, die Christus.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Juan 1:43|
									 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Juan 1:44|
									 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Juan 1:45|
									 En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Juan 1:46|
									 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Juan 1:47|
									 En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Juan 1:48|
									 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Juan 1:49|
									 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Juan 1:50|
									 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15