- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 1:21|
									Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 1:22|
									Toe sê hulle vir hom: Wie is u? --dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 1:23|
									Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 1:24|
									En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 1:25|
									En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 1:26|
									Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 1:27|
									dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 1:28|
									Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 1:29|
									Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 1:30|
									Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15