-
-
Afrikaans (1953)
-
-
4
|Juan 12:4|
Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
-
5
|Juan 12:5|
Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
-
6
|Juan 12:6|
En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
-
7
|Juan 12:7|
Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
-
8
|Juan 12:8|
Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
-
9
|Juan 12:9|
En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
-
10
|Juan 12:10|
En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
-
11
|Juan 12:11|
omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
-
12
|Juan 12:12|
Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
-
13
|Juan 12:13|
palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7