-
-
Afrikaans (1953)
-
-
9
|Juan 18:9|
sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.
-
10
|Juan 18:10|
En Simon Petrus wat 'n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.
-
11
|Juan 18:11|
Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?
-
12
|Juan 18:12|
En die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;
-
13
|Juan 18:13|
en hulle het Hom weggelei, eers na Annas; want Hy was die skoonvader van Kájafas wat daardie jaar hoëpriester was.
-
14
|Juan 18:14|
En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.
-
15
|Juan 18:15|
En Simon Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.
-
16
|Juan 18:16|
Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.
-
17
|Juan 18:17|
Toe sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie.
-
18
|Juan 18:18|
En die diensknegte en die dienaars het by 'n koolvuur gestaan wat hulle gemaak het--want dit was koud--en hulle het hul warm gemaak. En Petrus het by hulle gestaan en hom warm gemaak.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7