- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Levítico 18:1|
									Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Levítico 18:2|
									Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Levítico 18:3|
									Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Levítico 18:4|
									My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Levítico 18:5|
									Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Levítico 18:6|
									Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Levítico 18:7|
									Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Levítico 18:8|
									Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Levítico 18:9|
									Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Levítico 18:10|
									Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15