- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Levítico 23:1|
									Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Levítico 23:2|
									Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Levítico 23:3|
									Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Levítico 23:4|
									Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Levítico 23:5|
									In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Levítico 23:6|
									en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Levítico 23:7|
									Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Levítico 23:8|
									Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Levítico 23:9|
									En die HERE het met Moses gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Levítico 23:10|
									Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15