- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Levítico 7:11|
									En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Levítico 7:12|
									Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Levítico 7:13|
									saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Levítico 7:14|
									En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Levítico 7:15|
									Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Levítico 7:16|
									En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Levítico 7:17|
									Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Levítico 7:18|
									En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; 'n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Levítico 7:19|
									En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Levítico 7:20|
									Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18