- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Levítico 8:31|
									Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Levítico 8:32|
									Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Levítico 8:33|
									Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Levítico 8:34|
									Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Levítico 8:35|
									Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Levítico 8:36|
									En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18