- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Levítico 9:11|
									En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Levítico 9:12|
									Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Levítico 9:13|
									Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Levítico 9:14|
									En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Levítico 9:15|
									Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Levítico 9:16|
									Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Levítico 9:17|
									En hy het die spysoffer gebring en 'n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môrebrandoffer.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Levítico 9:18|
									Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Levítico 9:19|
									en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Levítico 9:20|
									en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15