-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
55
|Levítico 14:55|
en oor melaatsheid van klere en huise
-
56
|Levítico 14:56|
en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,
-
57
|Levítico 14:57|
om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
-
1
|Levítico 15:1|
Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
-
2
|Levítico 15:2|
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.
-
3
|Levítico 15:3|
En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.
-
4
|Levítico 15:4|
Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.
-
5
|Levítico 15:5|
En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
-
6
|Levítico 15:6|
en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
-
7
|Levítico 15:7|
en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16