-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Romanos 7:11|
Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
-
12
|Romanos 7:12|
Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.
-
13
|Romanos 7:13|
Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.
-
14
|Romanos 7:14|
Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
-
15
|Romanos 7:15|
Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
-
16
|Romanos 7:16|
En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.
-
17
|Romanos 7:17|
Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
-
18
|Romanos 7:18|
Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
-
19
|Romanos 7:19|
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
-
20
|Romanos 7:20|
Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Gálatas 1-3