-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Romanos 9:21|
Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
-
22
|Romanos 9:22|
En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
-
23
|Romanos 9:23|
juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
-
24
|Romanos 9:24|
ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
-
25
|Romanos 9:25|
Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
-
26
|Romanos 9:26|
en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
-
27
|Romanos 9:27|
En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
-
28
|Romanos 9:28|
want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
-
29
|Romanos 9:29|
En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
-
30
|Romanos 9:30|
Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13