-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
26
|Jeremias 32:26|
Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:
-
27
|Jeremias 32:27|
Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
-
28
|Jeremias 32:28|
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad oor in die hand van die Chaldeërs en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
-
29
|Jeremias 32:29|
En die Chaldeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met die huise op die dakke waarvan hulle vir Baäl rook laat opgaan het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om My te terg.
-
30
|Jeremias 32:30|
Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; want die kinders van Israel het My deur die werk van hulle hande net geterg, spreek die HERE.
-
31
|Jeremias 32:31|
Want 'n oorsaak vir my toorn en my grimmigheid was hierdie stad vir My van die dag af dat hulle dit gebou het tot vandag toe, sodat Ek dit van my aangesig moet verwyder,
-
32
|Jeremias 32:32|
weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,
-
33
|Jeremias 32:33|
dat hulle My die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem.
-
34
|Jeremias 32:34|
Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig;
-
35
|Jeremias 32:35|
en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan--iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22