-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
13
|Jeremias 37:13|
Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar 'n voorman van die wag met die naam JirÃa, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!
-
14
|Jeremias 37:14|
Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en JirÃa het Jeremia gevang en hom by die vorste gebring.
-
15
|Jeremias 37:15|
En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jónatan; want hulle het daar 'n gevangenis van gemaak.
-
16
|Jeremias 37:16|
Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en Jeremia daar baie dae gebly het,
-
17
|Jeremias 37:17|
het koning SedekÃa gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huis in die geheim gevra en gesê: Is daar 'n woord van die HERE? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.
-
18
|Jeremias 37:18|
Verder het Jeremia aan die koning SedekÃa gesê: Wat het ek teen u of teen u dienaars of teen hierdie volk gesondig, dat julle my in die gevangenis gesit het?
-
19
|Jeremias 37:19|
En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?
-
20
|Jeremias 37:20|
Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom en laat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.
-
21
|Jeremias 37:21|
Toe gee koning SedekÃa bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks 'n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.
-
1
|Jeremias 38:1|
Toe Sefátja, die seun van Mattan, en Gedálja, die seun van Pashur, en Jugal, die seun van Selémja, en Pashur, die seun van MalkÃa, die woorde hoor waarmee Jeremia die hele volk bly toespreek het, naamlik:
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22