-
-
Afrikaans (1953) -
-
11
|Atos 17:11|
En hierdie mense was edelmoediger as dié in ThessalonÃka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
-
12
|Atos 17:12|
Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n groot aantal, vroue en manne.
-
13
|Atos 17:13|
Maar toe die Jode van ThessalonÃka verneem het dat die woord van God ook in Beréa deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep.
-
14
|Atos 17:14|
Die broeders het Paulus toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan, maar Silas en Timótheüs het daar gebly.
-
15
|Atos 17:15|
En die wat Paulus begelei het, het hom tot by Athéne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.
-
16
|Atos 17:16|
En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
-
17
|Atos 17:17|
Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.
-
18
|Atos 17:18|
En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode--omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.
-
19
|Atos 17:19|
En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
-
20
|Atos 17:20|
Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22