-
-
Afrikaans (1953) -
-
27
|Atos 18:27|
En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;
-
28
|Atos 18:28|
want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
-
1
|Atos 19:1|
En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
-
2
|Atos 19:2|
en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
-
3
|Atos 19:3|
En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
-
4
|Atos 19:4|
Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
-
5
|Atos 19:5|
En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
-
6
|Atos 19:6|
En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
-
7
|Atos 19:7|
En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
-
8
|Atos 19:8|
En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22