-
-
Afrikaans (1953) -
-
11
|Atos 21:11|
En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: DÃt spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.
-
12
|Atos 21:12|
En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.
-
13
|Atos 21:13|
Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.
-
14
|Atos 21:14|
Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!
-
15
|Atos 21:15|
En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.
-
16
|Atos 21:16|
En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.
-
17
|Atos 21:17|
En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.
-
18
|Atos 21:18|
En op die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan, en al die ouderlinge was daar teenwoordig.
-
19
|Atos 21:19|
En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.
-
20
|Atos 21:20|
En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21