-
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Atos 21:1|
En nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.
-
2
|Atos 21:2|
En ons het 'n skip gevind wat na FenÃcië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.
-
3
|Atos 21:3|
En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na SÃrië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.
-
4
|Atos 21:4|
En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.
-
5
|Atos 21:5|
Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
-
6
|Atos 21:6|
En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.
-
7
|Atos 21:7|
Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.
-
8
|Atos 21:8|
En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.
-
9
|Atos 21:9|
En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.
-
10
|Atos 21:10|
En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22