-
-
Afrikaans (1953) -
-
6
|Atos 28:6|
En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was.
-
7
|Atos 28:7|
Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
-
8
|Atos 28:8|
En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
-
9
|Atos 28:9|
En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.
-
10
|Atos 28:10|
En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.
-
11
|Atos 28:11|
En ná drie maande het ons afgevaar in 'n skip van AlexandrÃë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
-
12
|Atos 28:12|
En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.
-
13
|Atos 28:13|
Daarvandaan het ons omgeseil en by Régium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Putéoli bereik,
-
14
|Atos 28:14|
waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.
-
15
|Atos 28:15|
En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21