-
-
Afrikaans (1953) -
-
34
|João 3:34|
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
-
35
|João 3:35|
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
-
36
|João 3:36|
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
-
1
|João 4:1|
Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes--
-
2
|João 4:2|
alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels--
-
3
|João 4:3|
het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
-
4
|João 4:4|
En Hy moes deur SamarÃa gaan.
-
5
|João 4:5|
Hy kom toe by 'n stad van SamarÃa wat SÃgar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
-
6
|João 4:6|
En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
-
7
|João 4:7|
Daar kom 'n vrou uit SamarÃa om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink--
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22