-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Provérbios 27:1|
Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
-
2
|Provérbios 27:2|
Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
-
3
|Provérbios 27:3|
Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
-
4
|Provérbios 27:4|
Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
-
5
|Provérbios 27:5|
Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
-
6
|Provérbios 27:6|
Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
-
7
|Provérbios 27:7|
'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
-
8
|Provérbios 27:8|
Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
-
9
|Provérbios 27:9|
Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
-
10
|Provérbios 27:10|
Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22